Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » vryheid
vryheid [boodskap #139925] Wo, 10 Augustus 2022 21:16
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
vryheid
dit is die wens van elke mens op hierdie planeet
om vry te wees van die hoë eise wat ander van ons vra
die vriendekring, die skool, die ouerhuis, die regering
want om aan elkeen se eise te voldoen
gaan daar net nie genoeg tyd oor wees
om werklik jouself te wees nie

terwyl ons onbewustelik ook ons eie eise aan ander stel

om werklik vry te wees
is ‘n gawe
wat benut moet word
deur ander te dien
sonder om jouself prys te gee

om werklik vry te wees
is geen reg
geen sleutel wat die deur na misdaad oopsluit
om ander te besteel, te verkrag, te vermoor
sonder om daarvoor te boet nie

vryheid
‘n eenvoudige woord
wat op sy tyd oor elke mens se lippe kom
en diep in die hart gesmag na word

vryheid
‘n baie moeilike woord om te verstaan
weens die betekenisse
wat mense daaraan heg
Vorige onderwerp: die liefde 2
Volgende onderwerp: u was altyd daar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 14:14:25 MGT 2024