Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n ontdekkingsreis
'n ontdekkingsreis [boodskap #139940] Sa, 13 Augustus 2022 14:22
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
moeisaam stap ek op die amper 70 kilomer-lange dig toegegroeide voetpad van my lewe
tot by die hoë hoop gevaarlik opgestapelde klippe
en rotse
wat as die trappe na my hart se voordeur dien

voetjie vir voetjie klim ek met die trappe op
sodat ek nie die los klippe versteur en val nie
tot bo voor die rooi voordeur van my hart

versigtig stoot ek die reuse deur oop en tree na binne
waar ek myself in ‘n kamer gevul met reuse ballonne bevind
terwyl ek sukkel om die skouspel voor my in te neem

op elke ballon is daar ‘n inskripsie wat sê
waarmee dit gevul is
en ek gebruik my tyd om elke inskripsie te
lees
liefde, geduld, passie, respek, dankbaarheid
en vele meer

ure later staan ek voor ‘n veel kleiner deur en
trek dit baie versigtig oop
die kamer is kleiner en donkerder en met
kleiner ballonne gevul
haat, rusie, jaloesie, misdaad, korrupsie en
ander

wanneer ‘n ballon bars, vloei die inhoud
daarvan deur die oë na buite
waar dit deur ander lewens om ons se oë
opgeneem word om ’n nuwe ballon met dieselfde inhoud te vorm

ek stap deur ‘n lang rooi tonnel tot voor ‘n
groter liggrys deur
die deur swaai vanself oop en ek staan voor
‘n lang gang
waaruit ‘n menigte ander gange ontspring

aan weerskante van die gange is daar patryspoorte in die gangwande
waardeur ek na verskillende tydperke van my lewe kyk
hierdie tydperke strek van ure tot selfs jare
bang vir dit wat ek daar sal sien
beweeg ek van poort na poort
waar elke tydperk soos ‘n rolprent voor my
ontvou

daar was kleurvolle tydperke van ontdek en
leer en geluk
terwyl die na-oorlogse wêreld weer herbou moes word
en mense daagliks skouer aan skouer
daaraan kon werk

dan was daar ook poorte met donker
tydperke
wat trane oor my wange laat rol het
as gevolg van die seer wat ek veroorsaak het

tydperke waar my woorde baie diep gesny
het
en my dade tydrowende konflikte veroorsaak
het
wat die wêreld om my gevaarlik weggekalwer het

ek is baie jammer dat ek hierdie reis nie jare
gelede reeds onderneem het nie
want die ontdekking wat ek op hierdie reis gemaak
het
het my lewe onherroeplik verander
Vorige onderwerp: u was altyd daar
Volgende onderwerp: die groenkaart van suid-afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 15:35:16 MGT 2024