Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » antiklimaks
antiklimaks [boodskap #136215] Do, 08 April 2021 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
antiklimaks
Afbreking: an•ti•kli•maks
Samestelling: anti- + klimaks


Selfstandige naamwoord: antiklimaks
Meervoud: antiklimakse
Verkleinwoord: antiklimaksie
Meervoud van verkleining: antiklimaksies

Betekenis:
• 'n Onverwagte teleurstellende uiteinde.
• (letterkunde) Die ommeswaai van iets belangriks na iets nietigs om 'n komiese, betekenislose of omslagtige effek te skep.

Gebruik:
• Die wedstryd was 'n volslae antiklimaks!
• "Wees getrou aan jouself, jou familie, jou naaste en – jou hond" is 'n voorbeeld van antiklimaks.

Sinoniem:
• teleurstelling

Antoniem:
• klimaks

Vertaling:
Engels: anticlimax, bathos
Nederlands: anticlimax

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naat
Volgende onderwerp: versadig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:40:49 MGT 2024