Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versadig
versadig [boodskap #136217] Vr, 09 April 2021 14:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versadig
Afbreking: ver•sa•dig


Byvoeglike naamwoord: versadig
Vergrotende trap: versadiger
Oortreffende trap: versadigste
Attributief: versadigde

Betekenis:
• Wat genoeg geëet het.
• Wat alles moontlik opgeneem/geabsorbeer het.

Gebruik:
• Die kos is heerlik, maar ek is nou versadig, dankie.
• 'n Vleiland is 'n gebied wat met water versadig is.

Sinoniem:
• bevredig
• dik
• dikgevreet
• deurdrenk
• gesatureer
• knuppeldik
• propvol
• tevrede
• trommeldik
• verkwik
• vol

Antoniem:
• honger
• onversadig

Afgelei:
• versadigheid

Vertaling:
Engels: full, replete, satisfied; saturated
Nederlands: verzadigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: antiklimaks
Volgende onderwerp: toeval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:31:45 MGT 2024