Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naat
naat [boodskap #136214] Do, 08 April 2021 19:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Naat.
'n Naat.
naat
Afbreking: naat


Selfstandige naamwoord: naat
Meervoud: nate
Verkleinwoord: naatjie
Meervoud van verkleining: naatjies

Betekenis:
• Die lasplek waar twee lappe of ander materiaal aan mekaar vasgewerk is.
• Die agterkant van 'n mens se rug.

Gebruik:
• Hy bloos verleë toe sy hemp se naat losbars.
• Hy lê op die naat van sy rug.

Spreekwoord:
• Ek voel dit aan my broek se naat. [Ek is seker daarvan.]

Sinoniem:
• aansluiting
• hegting
• las
• voeg
• verbindingslyn

Afgelei:
• naatbouler
• naatband
• naatdiamant
• naatloos

Vertaling:
Engels: seam, joint
Nederlands: naad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goedere
Volgende onderwerp: antiklimaks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 16:47:48 MGT 2024