Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tandpyn
tandpyn [boodskap #134877] Vr, 04 Desember 2020 09:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tandpyn
Afbreking: tand•pyn
Samestelling: tand + pyn


Selfstandige naamwoord: tandpyn
Meervoud: tandpyne
Verkleinwoord: tandpyntjie
Meervoud van verkleining: tandpyntjies

Betekenis:
• 'n Pyn in een of meer van die tande.

Gebruik:
• Ek het van gister af 'n vreeslike tandpyn en moet dringend by 'n tandarts uitkom.

Spreekwoord:
• Hy lag soos 'n boer met tandpyn. ['n Suur, gedwonge lag.]

Afgelei:
• tandpynwortel

Vertaling:
Engels: tooth-ache
Nederlands: tandpijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: taboe
Volgende onderwerp: skobbejak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 10:39:33 MGT 2024