Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » invalshoek
invalshoek [boodskap #133734] Vr, 25 September 2020 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Q1 is die invalshoek, Q2 die weerkaatsingshoek en Q3 die brekingshoek.
Q1 is die invalshoek, Q2 die weerkaatsingshoek en Q3 die brekingshoek.
invalshoek
Afbreking: in•vals•hoek
Samestelling: inval + -s- + hoek


Selfstandige naamwoord: invalshoek
Meervoud: invalshoeke
Verkleinwoord: invalshoekie
Meervoud van verkleining: invalshoekies

Betekenis:
• Die rigting vanwaar iets bekyk of iets benader word; oogpunt; perspektief.
• (wetenskap) Die hoek tussen die invallende straal en die normaallyn.

Gebruik:
• Dié boek bied 'n vars invalshoek oor menswees midde-in onstuimige tye.
• Die wet van Snellius beskryf die verband tussen die invalshoek en uitgangshoek.

Vertaling:
Engels: angle, line of attack; angle of incidence
Nederlands: invalshoek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: normaallyn
Volgende onderwerp: weerkaatsingshoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:20:04 MGT 2024