Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vloed
vloed [boodskap #132678] Wo, 12 Augustus 2020 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19271
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vloed
Afbreking: vloed


Selfstandige naamwoord: vloed
Meervoud: vloede
Verkleinwoord: vloedjie
Meervoud van verkleining: vloedjies

Betekenis:
• 'n Oorstroming van vinnig vloeiende watter.
• Hoogste vlak wat die gety bereik; hoogwater; hooggety; springty.
• (figuurlik) 'n Groot klomp of hoeveelheid.

Gebruik:
• Ná die stortreën het 'n ambulans in die vloed weggespoel.
• Die verandering van eb tot vloed laat die seespieël met etlike meter sak of styg.
• Verbruikers word met 'n vloed van valse nuus en inligting gekonfronteer.

Afgelei:
• oorvloed
• sondvloed
• stortvloed
• tranevloed
• vloedgety
• vloedgolf
• vloedlyn
• vloedramp
• vloedvlakte
• vloedwater
• watervloed

Vertaling:
Engels: flood; high tide, flood-tide
Nederlands: vloed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: logaritme
Volgende onderwerp: proes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 16:23:41 MGT 2024