Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » daktilologie
daktilologie [boodskap #126776] Do, 27 Junie 2019 20:35 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daktilologie
Afbreking: dak•ti•lo•lo•gie



Selfstandige naamwoord: daktilologie
Meervoud:

Betekenis:
• Die gebruik van die vingers en hande om idees te kommunikeer, veral deur die dowes.

Gebruik:
• Gebare uit die handalfabet word vingerspelling of daktilologie genoem.

Sinoniem:
• vingerspraak
• vingertaal
• chirologie

Afgelei:
• daktiloloog

Vertaling:
Engels: dactylology
Nederlands: dactylologie

Nota:
• Afgelei van Grieks: 'daktulos' (vinger) met die agtervoegsel -logie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: daktilologie [boodskap #131856 is 'n antwoord op boodskap #126776] So, 28 Junie 2020 16:42 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
"Daktilogie" is waarskynlik 'n spelfout van die woord "daktilologie".
Vorige onderwerp: opruim
Volgende onderwerp: plaasjapie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:45:10 MGT 2024