Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbond
verbond [boodskap #129922] Sa, 22 Februarie 2020 16:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19052
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbond
Afbreking: ver•bond


Selfstandige naamwoord: verbond
Meervoud: verbonde
Verkleinwoord: verbondjie
Meervoud van verkleining: verbondjies

Betekenis:
• 'n Verdrag tussen state, sakevennote of individue, ter wille van 'n gemeenskaplike voordeel.
• Die Ou of Nuwe Testament (verhouding tussen mens en sy skepper).

Gebruik:
• Duitsland en sy ou bondgenoot Oostenryk het uit vrees vir aanvalle deur Rusland of Frankryk 'n tweevoudige verbond gesluit.
• Volgens Hebreërs 8 vervang die nuwe verbond die oue.

Afgelei:
• verbondsark
• verbondsbeker
• verbondsbepalings
• verbondsboek
• verbondsbreuk
• verbondsengel
• verbondsgod
• verbondskis
• verbondsluiting
• verbondstafel
• verbondsteken
• verbondstent
• verbondsverpligting
• verbondsvolk
• verbondswet

Vertaling:
Engels: alliance, union, pact, league, coalition; covenant, treaty
Nederlands: verbond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuk
Volgende onderwerp: anargis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 22:11:34 MGT 2024