Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nuk
nuk [boodskap #129921] Sa, 22 Februarie 2020 11:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nuk
Afbreking: nuk


Selfstandige naamwoord: nuk
Meervoud: nukke
Verkleinwoord: nukkie
Meervoud van verkleining: nukkies

Betekenis:
• Optrede wat onredelik of eiesinnig voorkom en waarvan iemand nie wil afsien nie; 'n weerbarstige luim; nors stemming.

Gebruik:
• Sy het die nuk om altyd teë te praat.
• As hy eers 'n nuk kry, help my pratery mos nie.
• As ek die nuk kry om alleen te wees moet mense my net uitlos.

Sinoniem:
• bui
• gier
• gril
• laai
• luim

Afgelei:
• nukkerig

Vertaling:
Engels: whim, impulse
Nederlands: nuk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pretpark
Volgende onderwerp: verbond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 19:39:48 MGT 2024