Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aarbei
aarbei [boodskap #127549] So, 25 Augustus 2019 07:00
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18885
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Aarbeie.
Aarbeie.
aarbei
Afbreking: aar•bei
Uitspraak: /ˈɑrbəɪ̯/


Selfstandige naamwoord: aarbei
Meervoud: aarbeie
Verkleinwoord: aarbeitjie
Meervoud van verkleining: aarbeitjies

Betekenis:
• (vrug) Sagte rooi vruggie met klein pitjies; soort bessie met geel saadjies.
• (plantkunde) Die plant wat die vrugte dra, Fragaria elatior.

Gebruik:
• Sy druk 'n aarbei in my roomys.
• Hy plant aarbeie.

Afgelei:
• aarbeiagtig
• aarbeibedding
• aarbeikonfyt
• aarbeitert

Vertaling:
Engels: strawberry
Nederlands: aardbei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: drom
Volgende onderwerp: aards
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 12:12:19 MGT 2024