Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drom
drom [boodskap #127548] Sa, 24 Augustus 2019 18:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Drom
'n Drom
drom
Afbreking: drom


Selfstandige naamwoord: drom
Meervoud: dromme
Verkleinwoord: drommetjie
Meervoud van verkleining: drommetjies

Betekenis:
• 'n Trom (slaginstrument).
• 'n Vat of konka, veral vir afval (vullisdrom) en vloeistowwe soos olie (oliedrom).

Gebruik:
• Die musikant slaan die drom om die verrigtinge te begin.
• Koop vir ons 'n drom petrol.

Sinoniem:
• trom

Afgelei:
• vullisdrom

Vertaling:
Engels: drum
Nederlands: drum, trom

'n Oliedrom.
'n Oliedrom.

Werkwoord: drom
Verlede tyd: het gedrom

Betekenis:
• Groot groep mense wat saamdring.

Gebruik:
• Die mense drom in die strate saam.

Vertaling:
Engels: to crowd, troop
Nederlands: drommen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skaam
Volgende onderwerp: aarbei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:26:03 MGT 2024