Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse taalreels
Afrikaanse taalreels [boodskap #12749] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk of daar darem minstens twee mense is wat belangstel. Soos menige op
die groep kry ek ook net sekere boodskappe. Of dit gebeur dat die onderwerp
lankal nie meer onder bespreking is nie, dan duik daar 'n oer oue boodskap
op.

ANGLISISMES:
Die taal guru's het besluit dat die woord en sy betekenis uitgedien is. Ons
kan maar Afrikaans skryf soos ons dit praat, en as 'n vreemde woord
(hoofsaaklik Engels) nes geskop het in die taal en deur almal gebruik word,
word dit ook as Afrikaans beskou. So het 'n paar woorde "honorary"
Afrikaans geword: Twee voorbeelde:

Tjips. Skyfies is stukkies plastiek met prentjies daarop waarna mens kyk
deur 'n projektor te gebruik.

Boks. Doos het uitsluitlik 'n seksuele konnotasie.

DEELTEKENS EN KAPPIES:
Hier het die reel ook drasties verander, omdat dit baie verwarrend kan
wees. Kom die deelteken of "umlaut" nou weer op die eerste e in reel of op
die tweede? Die voorbehoud is dat die woord in konteks gelees moet word, en
as dit sin maak, los gerus die tierlantyntjies. Voorbeeld:

Ma se poeding is lekker.
Ma sê poeding is lekker.

Jy kan die kappie los as die woord in die volgende sin gebruik word: Ma se
sy is so vet want poeding is so lekker.

EEN WOORD OF TWEE?:
Hier het Engels weer gewen. Meeste Afrikaners skryf woorde los van mekaar
soos die engelse dit doen. Woorde boek, lewens boek, identiteits dokument,
kas register, avond maal is voorbeelde van woorde wat
tradisioneel vas geskryf was maar nou los geskryf kan word. Weereens,
gebruik jou gesonde verstand. Wat kan identiteits dokument anders beteken
as identiteitsdokument. Sou jy se "dierbaar" het 'n ander betekenis as
"dier baar." Ja, dus sal jy die woord nie los skryf nie.

Plekname (of plek name) is nie onderhandelbaar nie. Johannesburg bly een
woord en Nelspruit mag nooit Nel Spruit geskryf word nie.

Ek dink die slaag syfer in my skool dae sou baie hoër gewees het as hierdie
reels daardie tyd gegeld het. Ofskoon die spelling op die muur voor die
ingang na die skoolkompleks gelees het: Hoerskool Lydenburg. Tot en met ek
daar weg is het niemand ooit die umlauts op die e aangebring nie. Nie eers
Mnr. Wolmarans wat my gat warm geslaan het oor hierdie onbenullighede in
die taal nie!

Dis al vir nou
Alwyn

--
Alwyn
Re: Afrikaanse taalreels [boodskap #12750 is 'n antwoord op boodskap #12749] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn, ek wil regtig nie weer met jou stry nie, maar na watter "taal
guru's" verwys jy? Kan jy asseblief name noem?

My kommentaar op jou reëls:

l. Darem nie _alle_ vreemde woorde wat in die taal nes geskop het, word as
Afrikaans beskou nie. Ons kan nie maar sommer se: anyway, besides, ens.
nie - dis wel alledaagse uitdrukkings in baie mense se spreektaal, maar nog
nie toelaatbaar in geskrewe Afrikaans nie, tensy dit in dialoogvorm
voorkom. As 'n dieetkundige 'n stuk oor gesonde kos skryf, sal hy/sy een
teen tien "aartappelskyfies" eerder as "tjips" gebruik, maar in 'n verhaal
sal 'n skoolseun eerder "tjips" sê as "aartappelskyfies". Wat jy se ivm
boks is korrek, hoewel die redes daarvoor vir my maar verspot klink - my
hele lewe lank het ek doos gese en niks daarvan gedink nie. Om te se boks
klink nog vir my snaaks.

2. Jou reel ivm die deelteken is heeltemal foutief. As 'n ou na al sy
skooljare nog nie weet op watter e die deelteken moet kom of nie kom nie,
moet hy dit weer gaan opswot. Ek skryf reel hier bloot omdat my rekenaar
se e met 'n deelteken soms nie reg anderkant uitkom nie, maar as jy in
enige skool of hoer onderwysinrigting Afrikaans gaan skryf en nie jou
deelteken reg plaas nie, behoort jy punte (of sou jy se "merke"?) te
verloor. Hierbo moes ek hoër inrigting, of ho"er inrigting, te geskryf
het, want sien jy wat gebeur as jy die deelteken weglaat? As daar twee
e's is, kom die deelteken op die tweede e en nie op die eerste nie, behalwe
in 'n woord soos essensieel, waar geen deelteken nodig is nie want daar is
geen probleem met die uitspraak nie. (O ja, ek sien wat jy sê oor jou
skool se naam wat as Hoer

3 Jou vergelyking van "Ma se poeding is lekker" met "Ma sê poeding is
lekker" maak geen sin nie - hier kan jy mos nie die kappie weglaat nie, of
hoe?

4 Nee, Alwyn, woordeboek, lewensboek, identiteitsdokument, ens. ens. kan
nie van mekaar geskryf word nie. Die "taal guru's" laat dit nog nie toe
nie, en die "taal guru's" verkies ook om "taalguru's" genoem te word, of
"taalindoenas" as jy wil. :-) Ek kry lag oor jou voorbeeld "avond maal"
- daar bestaan nie eens meer so 'n woord in Afrikaans nie. Die woord is
"nagmaal", ne.

5 Een groot toegewing wat die taalguru's wel gemaak het, was om toe te laat
dat 'n mens byvoorbeeld Strydom Hoërskool, Daan Retief Uitgewers, ens.
skryf - dit was grotendeels omdat hierdie name so konsekwent vanmekaar
geskryf is in wetsdokumente, ens. deur mense wat nie hulle taalreëls ken
nie. Maar soos jy tereg sê, Nel Spruit, Oranje Rivier, ens. ens. is nie
toelaatbaar nie.

Nou ja, ek weet hierdie is maar net die reëls vervat in die Afrikaanse
Woordelys en Spelre
Re: Afrikaanse taalreels [boodskap #12781 is 'n antwoord op boodskap #12749] So, 22 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
> ANGLISISMES:
> Die taal guru's het besluit dat die woord en sy betekenis uitgedien is. Ons
> kan maar Afrikaans skryf soos ons dit praat, en as 'n vreemde woord
> (hoofsaaklik Engels) nes geskop het in die taal en deur almal gebruik word,
> word dit ook as Afrikaans beskou. So het 'n paar woorde "honorary"
> Afrikaans geword: Twee voorbeelde:

Alwyn, na watter "taal guru's" verwys jy? Noem asb vers en kapittel. So
ver my kennis strek, het jy dit mis. Sommige van jou "reëls" kan
deurgaan, maar ander (soos op watter "e" 'n deelteken moet kom) is
ongeldig. Daar is nog soiets soos die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
waarna almal wat publiseerbare Afrikaans wil skryf, moet verwys.

Johanna Rykheer
Re: Afrikaanse taalreels [boodskap #12782 is 'n antwoord op boodskap #12749] So, 22 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nuusgroeplede, ek is jammer onderstaande boodskap van my het deurgeglip -
ek het dit nog nie voltooi gehad nie en was nie bewus dat dit deurgegaan
het nie. Ek wou dit terughou, en het reeds 'n ander korter boodskap aan
Alwyn deurgestuur - jammer vir die verwarring. Nietemin staan ek by my
argumente in hierdie boodskap, en sien uit na Alwyn (of na enigiemand
anders) se kommentaar. Ek is altyd oop vir oortuiging.

Groete
Johanna Rykheer

Johanna Rykheer wrote in article
...
> Alwyn, ek wil regtig nie weer met jou stry nie, maar na watter "taal
> guru's" verwys jy? Kan jy asseblief name noem?
>
> My kommentaar op jou reëls: [ ENS, ENS. Ek wou nie alles herhaal nie
- die nuusgroepadministrateur hou nie daarvan nie.]
Re: Afrikaanse taalreëls [boodskap #12796 is 'n antwoord op boodskap #12749] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek moet verskoning vra - ek het twee boodskappe aan Alwyn Nel gestuur: een
korte en een lange. Die lange moes voorlopig nie deurgestuur gewees het
nie - dit het deurgeglip en was nog nie heeltemal afgerond nie. Jammer vir
die verwarring. Die argumente in die lange bly egter geldig wat my
betref. Ek hoop Alwyn sien kans om te reageer.

Groete
Johanna Rykheer
Re: Afrikaanse taalreëls [boodskap #12797 is 'n antwoord op boodskap #12749] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek het twee boodskappe aan Alwyn Nel deurgestuur - een kort en een lange.
Ek is jammer - die lange moes voorlopig nie deurgestuur gewees het nie; dit
was ook nog nie afgerond nie. Jammer vir die verwarring, maar die
argumente in die lang boodskap bly geldig wat my betref en ek hoop Alwyn
sien kans om daarop te reageer want sy stelling wat daarop neerkom dat daar
eintlik geen taalreëls meer in Afrikaans bestaan nie, kan darem nie
onbetwis gelaat word nie.

Groete
Johanna Rykheer
Vorige onderwerp: WITBOORTJIE MISDADIGER
Volgende onderwerp: Swak redenasie Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:12:39 MGT 2024