Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swak redenasie Ferdi
Swak redenasie Ferdi [boodskap #12768] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Sarkasme wen nooit 'n argument nie - het jy nie feite nie?
Ek is seker dat selfs die mees geletterde trekkers nie baie tyd gehad het
vir stories skryf nie. Maar as jy kyk na die handskrifte voor in die
familie Bybels, moet jy erken dat dit nie ongeletterde mense is wat so
geskryf het nie.
--
Nico
(Bedagsaamheid sal help om besprekings hier vars te hou)

| Dis dan seker die redes waarom daar sulke talle en goeie eerstehandse
| verslae is oor die groot trek en so aan is.
|
|
|
Re: Swak redenasie Ferdi [boodskap #12769 is 'n antwoord op boodskap #12768] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > Ferdi,
>
> Sarkasme wen nooit 'n argument nie - het jy nie feite nie?
> Ek is seker dat selfs die mees geletterde trekkers nie baie tyd gehad het
> vir stories skryf nie. Maar as jy kyk na die handskrifte voor in die
> familie Bybels, moet jy erken dat dit nie ongeletterde mense is wat so
> geskryf het nie.
> --
> Nico
> (Bedagsaamheid sal help om besprekings hier vars te hou)

Nico, jy wat sarkasme tot 'n kuns
ontwikkel het, speel nou skielik
geskiedskrywer. Weet jy dat die
eerste skool wat in Natal gestig
is, opgerig is vir Zulus deur
Dr. Adams op Adams Mission Station
(sewe myl in die binneland in van
Amanzimtoti af.) Daar het dus in
die jare veertig van die laaste eeu
al Zulu leerlinge op skoolbanke
gesit, terwyl die kinders van die
Voortrekkers nog loshotnot rondge-
gehardloop het. Die Voortrekkers
het ook die hulp van Dr. Daniel Lindley
gesoek. Dis daarom dat daar 'n plek
soos Lindley in SA is.

Gloudina Bouwer
Re: Swak redenasie Ferdi [boodskap #12822 is 'n antwoord op boodskap #12768] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Nico, jy wat sarkasme tot 'n kuns
> ontwikkel het, speel nou skielik
> geskiedskrywer. Weet jy dat die
> eerste skool wat in Natal gestig
> is, opgerig is vir Zulus deur
> Dr. Adams op Adams Mission Station
> (sewe myl in die binneland in van
> Amanzimtoti af.) Daar het dus in
> die jare veertig van die laaste eeu
> al Zulu leerlinge op skoolbanke
> gesit, terwyl die kinders van die
> Voortrekkers nog loshotnot rondge-
> gehardloop het.

Sonder om geskiedskrywer te speel, en bloot met verwysing na die werk van
geskiedskrywers:

Weet jy dat daar in 1660 al Khoi (of, om jou term te gebruik, "hotnots"-) en
slawekinders in die Kaap op die skoolbanke gesit het "terwyl die kinders van
die koloniste nog loshotnot rondgehardloop het"

Ook op ander plekke soos Kuruman en Tabanchu het sendelinge skole bedryf nog
voordat die eerste voortrekkers daar aangekom het.

Dit interesseer my dat die Kompanjie 'n skool vir hierdie mense opgerig het
drie jaar voordat hy 'n skool vir die koloniste opgerig het, ten spyte
daarvan dat daar wel 'n aansienlike getal kinders onder lg. was.

Een moontlikheid is, natuurlik, dat die kinders van die koloniste dit minder
nodig gehad het, omdat hul ouers in staat was om hulle self te onderrig,
soos Andrew Murray in die Boerepublieke tot sy verbasing gemerk het, en
Alexis de Toqueville onder die pioniersgemeenskap in die VSA.

Persoonlik vermoed ek wel dat die Kompanjie hoofsaaklik deur motiewe van
sosiale ingeneurswese aangedryf is - om die kinders van ander kulture in te
lyf en op so 'n wyse makliker te maak om te regeer.

Baie skrywers op nuusgroepe soos soc.culture.africa is natuurlik van oordeel
dat dit ook die eintlike doel was van mense soos Lindley en Moffat.

> Die Voortrekkers
> het ook die hulp van Dr. Daniel Lindley
> gesoek. Dis daarom dat daar 'n plek
> soos Lindley in SA is.
>
> Gloudina Bouwer

Die voortrekkers het alle hulp gebruik wat hulle kon kry. Ok die hulp van
die Barolong, die Koranna en vele ander.

Vriendelike, groete, Leendert
Vorige onderwerp: Afrikaanse taalreels
Volgende onderwerp: RE : Moet die "wittes" dan so "wit' bly?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 20:58:40 MGT 2024