Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basalt (Ystermarmer)
Basalt [boodskap #127433] So, 11 Augustus 2019 08:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Basalt
Basalt
Basalt (ook genoem ystermarmer) is 'n vorm van lawa wat yster- en magnesiasilikate bevat. Dit vorm die substraat van al die vastelande en is gewoonlik grys of swart. Die Binne-Hebride, Noordoos-Ierland, die Färoër, Ysland, Groenland, 'n groot deel van Colorado, Dekkan (Indië) is voorbeelde van groot uitstortings van hierdie soort lawa; ook die "Giant’s Causeway" en Fingal se grot op die Skotse eiland Staffa is bekend vir basaltrotse soos duisende regop pilare, meestal met 5 of 6 kante; die "Causeway" in Antrim (Ierland) het 40,000 sulke pilare. Fingal se grot (genoem na ’n legendariese Ierse held) is ongeveer 70 meter lank en nagenoeg 20 meter hoog; dis bekend vir die sombere klank wat deur die wind en die see veroorsaak word.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bas
Volgende onderwerp: Basan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 04:26:19 MGT 2024