Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bas
Bas [boodskap #127432] So, 11 Augustus 2019 07:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die bas van 'n boom.
Die bas van 'n boom.
Bas is die omhulsel van stamme van bome en struike. Die botaniese term is periderm en dit bestaan gewoonlik uit kurk. Bas is waterdig en ’n slegte geleier van warmte, sodat die bas die stam en die takke teen uitdroging en skielike veranderinge in die temperatuur beskerm. Dit beskerm ook die plant een ander aanslae, soos die van peste.

Die bas van verskillende plante kan dramaties verskil: dit kan in 'n verskeidenheid van kleure voorkom, en die tekstuur kan wissel van grof tot glad. Die bas van baie bome is waardevol as medisyne, bv. kinabas, waaruit kinine verkry word.

Bas word ook vir die vervaardiging van kurk gebruik. Kurk is afkomstig van die kurkboom (Qurecus suber) wat oorspronklik van Portugal afkomstig is. Kurk is elasties en 'n uitstekende termiese en akoestiese isoleerder wat byna ondeurdringbaar is en ook teen skommelings in temperatuur bestand is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bartolommeo, Fra
Volgende onderwerp: Basalt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:26:15 MGT 2024