Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basan
Basan [boodskap #127434] So, 11 Augustus 2019 08:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Basan is 'n gebied oos van die See van Galilea op die vrugbare plato in die Trans­jor­daanstreek. Dit was vroeër bekend vir sy hout en landbou (Amos 4:1-3. Jesaja 2:13, Esegiël 27:6), asook die kwaai beeste wat daar aangetref is (Psalm 22:13). Nadat die Israeliete onder Moses vir Og, die koning van Basan, verslaan het, het die gebied deel van die stamgebied van die halwe Manasse-stam geword (Numeri 21:33-35, Josua 13:11). Een van die asielstede, Golan, was in Basan geleë (Deuteronomium 4:43; Josua 20:8).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basalt
Volgende onderwerp: Swartwattel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 15:39:42 MGT 2024