Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » b
b [boodskap #126901] Vr, 05 Julie 2019 18:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n B in gebaretaal.
'n B in gebaretaal.
b
Afbreking: b
Uitspraak: /bɪə/



Selfstandige naamwoord: b
Meervoud: b's
Verkleinwoord: b'tjie
Meervoud van verkleining: b'tjies

Betekenis:
• Die tweede letter van die alfabet.
• Aanduiding van rang of plek: tweede of naasbeste.
• Die chemiese element Boor (Latyn: Borium).

Gebruik:
B kom tussen A en C.
• Ek het 'n B in wiskunde gekry. Ons sit in ry B.
• Die reaksie vir boortrioksied is 4 B + 3 O2 → 2 B2O3

Spreekwoord:
• Hy ken nie 'n A voor 'n B nie. [Glad nie geleerd nie.]
• Wie A sê, moet ook B sê. [Wie met ’n ding begin het, moet daarmee aanhou.]

Sinoniem:
• Bravo (NAVO-spelalfabet)

Vertaling:
Engels: b
Nederlands: b

Nota:
• B met skryftekens: Ƀƀ Ḃḃ Ɓɓ

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: poukenis
Volgende onderwerp: c
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 23:44:07 MGT 2024