Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » c
c [boodskap #126902] Vr, 05 Julie 2019 19:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n C in gebaretaal.
'n C in gebaretaal.
c
Afbreking: c
Uitspraak: /sɪə/



Selfstandige naamwoord: c
Meervoud: c's
Verkleinwoord: c'tjie
Meervoud van verkleining: c'tjies

Betekenis:
• Die derde letter van die alfabet.
• Aanduiding van rang of plek: derde.
• Romeinse 100 (slegs hoofletter).
• In finansies is "c" is die afkorting vir sent.
• In die wetenskap is "c" is die simbool vir die spoed van lig.

Gebruik:
C kom tussen B en D.
• Ek het 'n C vir wetenskap gekry. Ons sit in ry C.
CL = 100+50 = 150
• Ek het met 50c in my beursie.
• Die ligsnelheid, of spoed van lig, is 3×108 m·s-1 of 299 792 458 meter per sekonde in 'n vakuum en word uitgedruk as c.

Sinoniem:
• Charlie (NAVO-spelalfabet)

Vertaling:
Engels: c
Nederlands: c

Nota:
• C met skryftekens: Ćć Ĉĉ Çç Čč Ċċ

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: b
Volgende onderwerp: walvis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 16:18:49 MGT 2024