Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » e-pos
e-pos [boodskap #126729] So, 23 Junie 2019 07:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
e-pos
Afbreking: e-pos




Selfstandige naamwoord: e-pos
Meervoud: e-posse
Verkleinwoord: e-possie
Meervoud van verkleining: e-possies

Betekenis:
• (rekenaarwetenskap) 'n Stelsel vir die stuur en ontvang van elektroniese boodskappe oor 'n rekenaarnetwerk.
• (kommunikasie) 'n Elektroniese boodskap wat oor so 'n rekenaarnetwerk gestuur is/word

Gebruik:
• In teenstelling met konvensionele pos, verwys e-pos na die skryf, stuur en ontvang van elektroniese briewe oor die internet.

Sinoniem:
• vonkpos

Verwant:
• e-posadres
• e-poslys
• inbus
• invakkie
• uitvakkie

Vertaling:
Engels: e-mail
Nederlands: e-mail


Werkwoord: e-pos
Verlede tyd: het ge-e-pos

Betekenis:
• Die stuur van elektroniese pos.

Gebruik:
• Kan jy vir my die dokument e-pos?
• Ek het dit reeds vir jou ge-e-pos!

Vertaling:
Engels: to e-mail
Nederlands: e-mailen

Nota:
• Pasop om nie "e-pos" met "epos" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: muur
Volgende onderwerp: epos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 05:41:35 MGT 2024