Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mooi
mooi [boodskap #126718] Sa, 22 Junie 2019 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mooi
Afbreking: mooi
Uitspraak: /moi/, /mɔi/




Byvoeglike naamwoord: mooi
Vergrotende trap: mooier
Oortreffende trap: mooiste
Attributief: mooi, mooie
Partitief: moois
Intensief: feetjiemooi, popmooi, prentjiemooi, beeldmooi, poskaartmooi, sprokiesmooi, wondermooi

Betekenis:
• Wat 'n mens graag wil sien; keurig in voorkoms, fraai, pragtig, aantreklik.
• Wat aangenaam, lekker of prettig is.
• Uiting van tevredenheid as mens hou van wat iemand doen.

Gebruik:
• Die mooi meisie het 'n mooi rooi rokkie aan.
• Die weer is mooi vandag.
Mooi Sannie, jy het volpunte gekry.

Spreekwoord:
• Een van die mooi dae. [Binnekort.]
• Mooi vergaan, maar deug bly staan. [Mooi is van tydelike aard, maar deug blywend.]
• Een mooi dag maak nie die somer nie. [n Mens veralgemeen nie n.a.v. een geval nie.]
• Hulle het al 'n mooi neseier. [Hulle het al 'n besondere bedrag gespaar vir 'n spesifieke doel.]
• Iemand mooi kry. ['n Stel laat aftrap.]
• Jy lyk 'n mooi bog! [Jy sal dit nooit kan doen nie.]
• Mooi broodjies bak. [Iemand vlei of sy guns probeer wen deur inskiklikheid.]
• 'n Oulap se rooi maak mooi. ['n Bietjie rooisel aan 'n vrou se gesig laat haar mooi lyk.]
• Oor mooi en lelik kan 'n mens nie stry nie. [Elke mens het sy eie idee van skoonheid.]

Vergelyking:
• So mooi soos 'n feetjie.
• So mooi soos 'n prentjie.
• So mooi soos 'n pop.

Sinoniem:
• aantreklik
• bekoorlik
• fraai
• innemend
• pragtig

Antoniem:
• lelik

Afgelei:
• mooipraat
• mooiheid

Vertaling:
Engels: beautiful, fine, handsome, nice, pretty
Nederlands: mooi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: peer
Volgende onderwerp: bakkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 04:26:03 MGT 2024