Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » peer
peer [boodskap #126717] Sa, 22 Junie 2019 07:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pere
Pere
peer
Afbreking: peer
Uitspraak: /piə̯r/




Selfstandige naamwoord: peer
Meervoud: pere
Verkleinwoord: peertjie
Meervoud van verkleining: peertjies

Betekenis:
• (vrug) 'n Somervrug met soet en sappige vleis waarvan die onderkant groter en ronder as die bokant is.
• (plantkunde) Die boom wat die vrugte dra, Pyrus communis.

Gebruik:
• In die Groot Marico stook boere nog steeds hul eie mampoer van vrugte soos appelkose, kersies, lemoene, pruime, pere, vye en geelperskes.
• In die lente staan die peer- en appelbome wit van die bloeisels.

Afgelei:
• peerboom
• peerhout
• peervormig
• peersap

Vertaling:
Engels: pear
Nederlands: peer
Zoeloe: ipheya

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: appel
Volgende onderwerp: mooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 04:45:21 MGT 2024