Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » perd
perd [boodskap #126623] Vr, 14 Junie 2019 19:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Perd.
'n Perd.
perd
Afbreking: perd
Uitspraak: /pɛːrt/




Selfstandige naamwoord: perd
Meervoud: perde
Verkleinwoord: perdjie
Meervoud van verkleining: perdjies

Betekenis:
• Vinnige, viervoetige dier wat met 'n saal en toom gery word. 'n Ewehoewige ry-, pak- en trekdier, Equus caballus.
• (skaak) Speelstuk in skaak; die ruiter - ♘ ♞.
• (sport) Rompagtige toestel op vier pote vir gimnastiek en ander oefeninge.

Gebruik:
• Die ruiter het op sy wit perd agter die randjie verdwyn.
• Die perd kan oor ander stukke spring en beweeg opeenvolgend van wit na swart en van swart na wit blokkies.
• Die gimnas spring oor die perd.

Spreekwoord:
• Die beste perd struikel ook wel. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
• Die gewillige perd moet die kar trek. [Die gewilliges moet altyd alles doen.]
• Die hinkende perd kom agterna. [Die moeilikheid kom aan die einde.]
• Die maerste perd skop die seerste. ['n Mens word dikwels teleurgestel deur iemand van wie jy dit die minste verwag.]
• Die oog van die meester maak die perd vet. [As jy self na jou sake kyk, trek jy die meeste voordeel.]
• Die perd ruik sy stal. [Iemand span hom meer in; begin vinniger loop.]
• Die perd se stert afpraat. [Geweldig baie babbel.]
• Die perd wat die hawer verdien, kry die strooi. [Verdienste word nie altyd beloon nie.]
• Die Trojaanse perd binnehaal. [Onbewus die ongeluk op die hals haal.]
• Die verkeerde perd opsaal. [Die verkeerde ding doen.]
• Dis een perd se prys. [Dit kos niks meer aan geld of moeite nie.]
• Hy ry die perd agterstevoor. [Hy pak die saak verkeerd aan.]
• Hy voel pure perd. [Hy voel baie goed.]
• Jy kan nie van 'n esel 'n perd maak nie. ['n Onopgeleide persoon kan nie geskoolde werk verrig nie.]
• Jy kan 'n perd by die water bring, maar jy kan hom nie dwing om te suip nie. [Iets kan nie deur dwangmiddele bereik word nie.]
• Met 'n kind en 'n steeks perd moet jy nooit spog nie. [Kinders en perde is onvoorspelbaar.]
• Moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie. ['n Geskenk moenie gekritiseer word nie.]
• 'n Perd met vier bene struikel ook. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
• Poon maar perd. [Klein van gestalte, maar sterk, waaghalsig, astrant.]
• Siekte kom te perd, dog vertrek te voet. [n Mens word gouer siek as gesond.]

Hiponiem:
• resiesperd
• vosperd

Afgelei:
• perdfris
• perdry

Vertaling:
Engels: horse; knight; vaulting horse
Nederlands: paard
Venda: bere
Xhosa: ihashe
Zoeloe: ihhashi

Nota:
• 'n Manlike perd is 'n hings. 'n Vroulike perd is 'n merrie. 'n Onvolwasse perd is 'n vul.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sjokolade
Volgende onderwerp: luiperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:42:41 MGT 2024