Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sjokolade
sjokolade [boodskap #126622] Vr, 14 Junie 2019 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sjokolade
Sjokolade
sjokolade
Afbreking: sjo•ko•la•de
Uitspraak: /ʃokuˈlɑːdə/, /ˌʃʊə̯.kʊə̯ˈlɑː.də/




Selfstandige naamwoord: sjokolade
Meervoud: sjokolades
Verkleinwoord: sjokoladetjie
Meervoud van verkleining: sjokoladetjies

Betekenis:
• Lekkergoed wat uit kakao, suiker en gekondenseerde melk of melkpoeier vervaardig word.
• (voeding) Kakaobone wat gebrand en tot poeier gemaal is.

Gebruik:
Sjokolade is 'n lekkerny vir mense, maar is giftig vir honde.
• Navorsers reken sjokolade werk soos dagga op die brein in, dog sonder die newe-effekte.

Afgelei:
• sjokoladedrankie
• sjokoladekoek
• sjokoladebruin
• sjokoladekleurig
• melksjokolade

Spelfout:
• sjokelade

Vertaling:
Engels: chocolate, cocoa
Nederlands: chocolade
Xhosa: itshokoleti
Zoeloe: ushokolethe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorsetsel
Volgende onderwerp: perd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 22:34:22 MGT 2024