Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spel
spel [boodskap #126589] Wo, 12 Junie 2019 16:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spel
Afbreking: spel
Uitspraak: /spɛl/




Werkwoord: spel
Verlede tyd: het gespel
Teenwoordige deelwoord: spellende

Betekenis:
• Letters in die regte volgorde plaas om woorde te vorm.

Gebruik:
• Sy spel haar naam hardop.

Verwant:
• spelling
• spelfout
• speltoets
• speltoetser

Vertaling:
Engels: to spell
Nederlands: spellen


Selfstandige naamwoord: spel
Meervoud: spele, spelle
Verkleinwoord: speletjie
Meervoud van verkleining: speletjies

Betekenis:
• 'n Tydverdryf met vaste reëls wat elemente soos kompetisie, behendigheid, insig en geleentheid insluit.

Gebruik:
• Kom ons speel nog 'n spel.

Spreekwoord:
• Alles op die spel sit. [Alles waag.]
• Sy lewe staan op die spel. [Sy lewe is in gevaar.]
• Sy naam is op die spel. [Iemand se goeie naam is in gevaar.]
• Daar is baie op die spel. [Baie hang van die afloop van die saak af.]

Vertaling:
Engels: game, play
Nederlands: spel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: née
Volgende onderwerp: wildbewaarder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:48:13 MGT 2024