Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wildbewaarder
wildbewaarder [boodskap #126590] Wo, 12 Junie 2019 16:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wildbewaarder.
'n Wildbewaarder.
wildbewaarder
Afbreking: wild•be•waar•der
Samestelling: wild + bewaarder




Selfstandige naamwoord: wildbewaarder
Meervoud: wildbewaarders
Verkleinwoord: wildbewaardertjie
Meervoud van verkleining: wildbewaardertjies

Betekenis:
• Iemand wie se werk dit is om na wilde diere te kyk. 'n Persoon wat die natuurlike hulpbronne bewaar en bestuur.

Gebruik:
• Ná 'n skietgeveg met stropers het 'n wildbewaarder van die Krugerwildtuin aan sy beserings beswyk.
• 'n Wildbewaarder is verantwoordelik vir die beskerming, hervestiging en uitdunning van oorbevolkte wild.

Sinoniem:
• veldwagter

Vertaling:
Engels: game warden, ranger
Nederlands: boswachter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spel
Volgende onderwerp: lui
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:15:26 MGT 2024