Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesegde
gesegde [boodskap #126584] Wo, 12 Junie 2019 12:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesegde
Afbreking: ge•seg•de
Uitspraak: /xəˈsɛxdə/



Selfstandige naamwoord: gesegde
Meervoud: gesegdes
Verkleinwoord: gesegdetjie
Meervoud van verkleining: gesegdetjies

Betekenis:
• (taalkunde) Spreekwoordelike uitdrukking.
• (grammatika) Dié gedeelte van 'n sin wat die onderwerp aanvul.

Gebruik:
• "Alle paaie lei na Rome", is 'n gesegde.
• 'n Enkelvoudige sin kan in 'n onderwerp(wie?), gesegde(doen?) en voorwerp(wat?) opgedeel word.

Sinoniem:
• frase
• kwinkslag
• sêding
• segswyse
• slagspreuk
• spreekwoord
• spreuk
• uitdrukking
• uitlating
• predikaat

Vertaling:
Engels: utterance, expression, statement; saying; predicate
Nederlands: gezegde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitspraak
Volgende onderwerp: nuut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:16:36 MGT 2024