Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitspraak
uitspraak [boodskap #126583] Wo, 12 Junie 2019 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitspraak
Afbreking: uit•spraak
Uitspraak: /ˈœʏ̯tsprɑːk/




Selfstandige naamwoord: uitspraak
Meervoud: uitsprake
Verkleinwoord: uitsprakie
Meervoud van verkleining: uitsprakies

Betekenis:
• (taalkunde) Die wyse waarop woorde uitgespreek word. Hoe mens iets sê
• (juridies) Vonnis, beslissing van die hof aan die einde van 'n saak.
• (politiek) 'n Uiting van 'n politikus oor 'n belangrike onderwerp.

Gebruik:
• Die oorspronklike uitspraak van hierdie woord is onseker.
• Die appèlhof het uitspraak gelewer.
• Na pres. Trump se omstrede uitsprake het die beeld van die VSA wêreldwyd verswak.

Afgelei:
• uitspraakwoordeboek

Vertaling:
Engels: pronunciation, utterance; sentence, judgement, verdict
Nederlands: uitspraak
Venda: mubulo
Xhosa: ukubiza
Zoeloe: ukuphumisela

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertaling
Volgende onderwerp: gesegde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:16:44 MGT 2024