Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » miljard
miljard [boodskap #126418] Wo, 05 Junie 2019 20:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
miljard
Afbreking: mil•jard




Hooftelwoord: miljard

Betekenis:
• Die getal 1 000 000 000; 'n duisend miljoen; 10 tot die mag 9.

Gebruik:
• 'n Miljard sekondes duur byna 32 jaar.
• Die Melkweg bevat tussen 200 en 400 miljard sterre.

Verwant:
• miljardste
• miljardêr

Vertaling:
Engels: billion
Nederlands: miljard


Selfstandige naamwoord: miljard
Meervoud: miljarde

Betekenis:
• Die getal 109.

Gebruik:
Miljarde se onbehoorlike tenders word ondersoek.

Vertaling:
Engels: billion
Nederlands: miljard

Nota:
• Pas op: 'n "Billion" in Engels is nie "biljoen" in Afrikaans nie, maar "miljard" ('n valse vriend).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bronne
Volgende onderwerp: inheemse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 22:35:55 MGT 2024