Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » handel
handel [boodskap #126055] Di, 21 Mei 2019 06:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18931
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
handel
Afbreking: han•del




Selfstandige naamwoord: handel
Meervoud:

Betekenis:
• (ekonomie) Die koop en verkoop van goedere; ruil en verruil van ware.

Gebruik:
• Die gebruik van kamele het doeltreffende handel oor die Saharawoestyn moontlik gemaak.

Afgelei:
• handelaar
• handelsware
• handelshuis
• handelsbank
• ruilhandel
• uitvoerhandel
• vryhandel

Vertaling:
Engels: trade, commerce, business
Nederlands: handel


Werkwoord: handel
Verlede tyd: het gehandel

Betekenis:
• Om goedere te koop en te verkoop.
• Optree; die manier waarop dinge gedoen word.
• Waaroor iets gaan.

Gebruik:
• Hy handel in bedreigde spesies.
• Mens moet altyd volgens jou oortuigings handel.
• Die boek handel oor bytjies en blommetjies.

Spreekwoord:
• Sy handel en wandel is onbesproke. [Daar kan niks slegs oor sy optrede gesê word nie.]

Vertaling:
Engels: to deal, trade; to act, behave; to deal, cover
Nederlands: handelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teenoor
Volgende onderwerp: wen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 12:37:18 MGT 2024