Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wen
wen [boodskap #126056] Di, 21 Mei 2019 06:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wen
Afbreking: wen
Uitspraak: /vɛn/




Werkwoord: wen
Verlede tyd: het gewen
Teenwoordige deelwoord: wennende

Betekenis:
• 'n Oorwinning behaal; die beste doen; eerste kom.
• Iets kry wat tot jou voordeel is.
• Iemand oortuig om jou te vertrou of saam met jou te stem.

Gebruik:
• Jy moet jou bes probeer om die wedstryd te wen.
• Hy wen 'n koek by die tombola.
• Ons moet probeer om haar vertroue te wen.

Spreekwoord:
• Aanhouer wen. [Deur aan te hou, bereik 'n mens jou doel.]
• Hy wen loshande. [Hy wen maklik.]
• Wie nie waag nie, wen nie. [Om iets uit te rig, moet 'n mens ondernemend wees.]

Sinoniem:
• oorwin

Antoniem:
• verloor

Vertaling:
Engels: to win, conquer
Nederlands: winnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: handel
Volgende onderwerp: tog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:00:58 MGT 2024