Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkiesing
verkiesing [boodskap #125987] So, 19 Mei 2019 08:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18931
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkiesing
Afbreking: ver•kie•sing




Selfstandige naamwoord: verkiesing
Meervoud: verkiesings
Verkleinwoord: verkiesinkie
Meervoud van verkleining: verkiesinkies

Betekenis:
• (politiek) 'n Metode om deur middel van 'n stemming te bepaal aan wie 'n bepaalde funksie of pos toegeken moet word.

Gebruik:
• In demokratiese lande word daar elke paar jaar 'n algemene verkiesing uitgeroep.
• Die ANC het weer die verkiesing gewen.

Sinoniem:
• eleksie
• stemming

Hiponiem:
• bestuursverkiesing
• blitsverkiesing
• herverkiesing
• presidentsverkiesing
• senaatsverkiesing
• tussenverkiesing

Afgelei:
• verkiesingsagent
• verkiesingsbeampte
• verkiesingsbelofte
• verkiesingsdag
• verkiesingsfonds
• verkiesingskantoor
• verkiesingskomitee
• verkiesingskreet
• verkiesingskoors
• verkiesingsleuse
• verkiesingsmanifes
• verkiesingsprogram
• verkiesingspropaganda
• verkiesingsrede
• verkiesingstoespraak
• verkiesingsuitslag
• verkiesingsveldtog
• verkiesingswerk
• verkiesingswet
• verkiesingstelsel
• verkiesingstryd

Vertaling:
Engels: election
Frans: élection
Nederlands: verkiezing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: antieke
Volgende onderwerp: lig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 13:23:07 MGT 2024