Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lig
lig [boodskap #125988] So, 19 Mei 2019 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18931
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lig
Afbreking: lig
Uitspraak: /ləχ/




Selfstandige naamwoord: lig
Meervoud: ligte
Verkleinwoord: liggie
Meervoud van verkleining: liggies

Betekenis:
• 'n Voorwerp wat lig gee; lamp of ander ligbron.
• Elektromagnetiese golwe wat met die oog waargeneem kan word (die golflengte van 420-780nm).

Gebruik:
• Sit die lig af.
• Die son se lig is baie skerp. Blou lig het die kortste golflengte van die primêre kleure.

Spreekwoord:
• Aan die lig bring. [Openbaar maak.]
• Hy steek lig op by haar. [Gaan soek raad.]
• Daar gaan 'n lig op vir iemand. [Hy begin verstaan.]
• Groot lantern, weinig lig. [Iemand met min verstand.]
• Hy werp lig op die saak. [Iets bydra om die saak te verduidelik.]

Afgelei:
• flitslig
• kerslig
• kollig
• ligbron
• maanlig
• sonlig
• straatlig

Vertaling:
Engels: light
Frans: lumière
Nederlands: licht


Werkwoord: lig
Verlede tyd: het gelig
Teenwoordige deelwoord: ligtende

Betekenis:
• Om te skyn.
• Om op te tel.

Gebruik:
Lig asseblief hier met jou flits.
Lig asseblief die swaar sak op die tafel.

Spreekwoord:
• Die arm lig. [Sterk drank gebruik.]
• Iemand uit die saal lig. [Iemand uit 'n posisie kry en dit dan self inneem.]
• Jy moet sy doopseel lig. [Sy ongunstige verlede openbaar.]

Vertaling:
Engels: to shine; to lift
Nederlands: lichten


Byvoeglike naamwoord: lig
Vergrotende trap: ligter
Oortreffende trap: ligste
Attributief: ligte
Partitief: ligs
Intensief: veerlig

Betekenis:
• Helder en nie donker nie.
• Nie swaar nie; weeg min.
• (figuurlik) Effense; ligte.

Gebruik:
• In die somer word dit al vroeg lig.
• Die tas is lig. Die sak is so lig, ek sal dit sommer self dra.
• Daar het 'n ligte wind gewaai. Hy het 'n ligte verkoue.

Spreekwoord:
• Hy is te lig in die broek. [Hy is nie opgewasse vir die taak nie.]
• Hy moet lig loop vir die man. [Versigtig wees.]

Vergelyking:
• So lig soos 'n veer.

Antoniem:
• donker
• swaar

Vertaling:
Engels: light
Nederlands: licht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkiesing
Volgende onderwerp: huwelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 12:30:17 MGT 2024