Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bevestig
bevestig [boodskap #125979] Sa, 18 Mei 2019 19:28
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevestig
Afbreking: be•ves•tig




Werkwoord: bevestig
Verlede tyd: het bevestig

Betekenis:
• Om weer seker te maak; bekragtig.
• Plegtig verbind of inseën.

Gebruik:
• Hy het sy afspraak bevestig.
• Die paartjie word in die huwelik bevestig. Die predikant is in sy pos bevestig.

Antoniem:
• ontken

Vertaling:
Engels: to confirm, affirm
Nederlands: bevestigen


Byvoeglike naamwoord: bevestig
Attributief: bevestigde

Betekenis:
• Waarvan seker gemaak is.

Gebruik:
• Is die berugte deur 'n ooggetuie bevestig?
• Hoeveel bevestigde gevalle is aangemeld?

Antoniem:
• onbevestig

Vertaling:
Engels: confirmed
Nederlands: bevestigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klub
Volgende onderwerp: stede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:49:04 MGT 2024