Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boek
boek [boodskap #125767] So, 12 Mei 2019 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boek.
'n Boek.
boek
Afbreking: boek
Uitspraak: /buk/




Selfstandige naamwoord: boek
Meervoud: boeke
Verkleinwoord: boekie
Meervoud van verkleining: boekies

Betekenis:
• Bladsye papier wat in 'n omslag saamgebind is waarin 'n mens skryf of waaruit jy lees.
• Hoofafdeling van 'n boekwerk.

Gebruik:
• Sy lees 'n boek.
• Jy sal dit in boek sewe van die ensiklopedie vind.

Hiponiem:
• dagboek
• kinderboek
• oudioboek
• skoolboek
• skryfboek
• storieboek

Afgelei:
• boekmerk
• boekomslag

Vertaling:
Engels: book
Nederlands: boek
Swazi: incwadzi
Xhosa: incwadi
Zoeloe: incwadi, ibhuku


Werkwoord: boek
Verlede tyd: het geboek

Betekenis:
• Inskryf, noteer.

Gebruik:
• Hy boek homself by Weskoppies in.

Vertaling:
Engels: to book
Nederlands: boeken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sodat
Volgende onderwerp: Europa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 16:20:11 MGT 2024