Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bach, Karl Philipp Emanuel
Bach, Karl Philipp Emanuel [boodskap #125685] Vr, 10 Mei 2019 05:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Carl Philipp Emanuel Bach.
Portret van Carl Philipp Emanuel Bach.
Karl Philipp Emanuel Bach (1714 - 88) was 'n Duitse komponis en J.S. Bach se tweede seun, met so ’n "moderne" komposisiestyl dat hy soms "die eerste romantikus" genoem word. Sy sopraankantate Der Frühling het dan ook as direkte model vir Haydn se Jahreszeiten gedien. Sommige van sy gewyde liedere is roerend mooi, sy twee Passies deeglik maar ongeïnspireerd, en die beste van sy sonates, simfonieë, konserte en kamermusiek van ’n gehalte wat hom as die bes toegeruste van al Bach se komponis-seuns bestempel.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bach, Johann Sebastian
Volgende onderwerp: Bacon, Francis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:04:05 MGT 2024