Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bacon, Francis
Bacon, Francis [boodskap #125686] Vr, 10 Mei 2019 05:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Francis Bacon.
Portret van Francis Bacon.
Francis Bacon (1561 - 1626) was 'n Engelse staatsman, denker en skrywer; vooraanstaande advokaat; oorlede aan ’n verkoue wat hy opgedoen het toe hy proewe met sneeu en ys geneem het in ’n poging om voedsel te bewaar deur dit te bevries. Hy was ’n baanbreker van die nuwe metode van wetenskaplike ondersoek; hy het verkondig dat die mens eers moet waarneem en daarna oorsaak en gevolg nagaan. Sy essays is modelle in dié genre; sy Advancement of Learning (1605) is byna ’n ensiklopedie van die kennis van sy dae; sy Novum Organum (1620) behandel die "nuwe geleerdheid" van die Renaissance; sy New Atlantis is ’n fabel oor ’n eiland waar die lewe volmaak sou wees. Pogings is aangewend om te bewys dat hy die toneelstukke van Shakespeare geskryf het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bach, Karl Philipp Emanuel
Volgende onderwerp: Bacon, Roger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 09:35:54 MGT 2024