Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dieselfde
dieselfde [boodskap #125517] Di, 30 April 2019 12:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dieselfde
Afbreking: die•self•de
Samestelling: die + selfde




Aanwysende voornaamwoord: dieselfde

Betekenis:
• Druk ooreenstemming of gelykheid uit.

Gebruik:
• Hy het weer dieselfde resep gebruik.

Spreekwoord:
• Oor dieselfde kam skeer. [Almal eenders behandel.]
• Van dieselfde hout gekap wees. [Dieselfde karaktereienskappe hê.]
• Hulle trek in dieselfde juk. [Werk saam of stem saam ]
• Ons vaar almal in dieselfde skuit. [Ons is almal in dieselfde omstandighede.]
• Iets op dieselfde lees skoei. [Iets op dieselfde ou manier doen.]
• Hy sing altyd dieselfde gesang. [Hy kom altyd met dieselfde ou storie.]
• Altyd op dieselfde aambeeld hamer. [Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.]
• Dis elke dag dieselfde ou deuntjie. [Dieselfde storie word tot vervelens toe herhaal.]
• Ek is in dieselfde bootjie. [Ek is in dieselfde moeilikheid.]
• Hulle sit nie op dieselfde stoel nie. [Kom nie met mekaar klaar nie.]
• Hulle breek nie hout van dieselfde tak nie. [Hulle kom nie met mekaar klaar nie.]
• 'n Esel stamp hom nie twee maal aan dieselfde klip nie. [Wie iets onaangenaams ondervind het, vermy dit voortaan.]

Sinoniem:
• eenders
• enerlei
• eweso
• idem
• soortgelyk

Antoniem:
• verskillend

Vertaling:
Engels: the same, identical
Nederlands: hetzelfde, dezelfde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meeste
Volgende onderwerp: wanneer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 19:03:07 MGT 2024