Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laat
laat [boodskap #125423] Ma, 22 April 2019 09:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19010
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laat
Afbreking: laat
Uitspraak: /lɑːt/




Byvoeglike naamwoord: laat
Vergrotende trap: later, latere
Oortreffende trap: laatste
Attributief: late

Betekenis:
• Ná na die verwagte oomblik; na die tyd wat afgespreek/geskeduleer is.
• Nie vroeg nie (onvroeg); aan die einde van 'n sekere tyd.
• Die tyd volgens die horlosie.

Gebruik:
• Die trein is laat.
• Ek moes tot laat werk. Laat in die 20ste eeu.
• Hoe laat is dit?

Spreekwoord:
• Te laat vir jou eie begrafnis wees. [Baie stadig wees.]
• Hy kom te laat vir die kat se afval. [Kom wanneer almal al klaar geëet het.]
• Berou kom altyd te laat. [Eers wanneer iets klaar gebeur het, is 'n mens spyt daaroor.]
• Dis nooit te laat om tou op te gooi nie. ['n Mens moenie onnodig aanhou met 'n saak nie.]
• Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. ['n Mens het slegs berou nadat 'n saak reeds verbrou is.]

Antoniem:
• vroeg

Vertaling:
Engels: late; not early
Nederlands: laat


Werkwoord: laat
Verlede tyd: het gelaat
Teenwoordige deelwoord: latende

Betekenis:
• Nie verhinder of teëgaan nie; duld; toelaat; toestaan; prysgee.
• Op 'n plek of in 'n toestand hou/los; agterlaat; nalaat; uitlaat; oorlaat.

Gebruik:
Laat hom doen wat hy wil. Laat staan maar.
• Ek het my sleutels by die werk gelaat.

Spreekwoord:
• Deur die vingers laat glip. [Nie gebruik maak van 'n geleentheid nie.]
• Die aap uit die mou laat. [Die geheim verklap.]
• Die druppel wat die emmer laat oorloop. ['n Kleinigheidjie wat die gespanne gevoelens laat uitbars.]
• Die gedagte laat gaan. [Oor iets nadink.]
• Die gordyn oor iets laat val. [Nie verder daaroor praat nie.]
• Die ore laat hang. [Moed verloor.]
• Die vlag halfstok laat hang. [Eer betoon aan 'n belangrike persoon wat oorlede is.]
• Die vlerk laat hang. [Mismoedig, moedeloos wees.]
• Dit laat my keel toetrek. [Dit maak my benoud.]
• Dit laat my mond water. [Ek kry lus daarvoor.]
• Dit laat my yskoud. [Ek steur my glad nie daaraan nie.]
• Ek laat hom harpuis ruik. [Iemand oorwin.]
• Geen steen onaangeroer laat nie. [Alle moontlike middele aanwend.]
• Gods water oor Gods akker laat loop. [Sake hulle eie gang laat gaan.]
• Hy het laat nael. [Vinnig weggehardloop.]
• Hy is so gemaak en laat staan. [Hy kan hom nie anders voordoen as wat hy is nie.]
• Hy laat geen hond of kat met rus nie. [Almal lastig val.]
• Hy laat hom bokspring. [Hy kry 'n pak slae.]
• Hy laat my in die steek. [Iemand op 'n kritieke oomblik aan sy lot oorlaat.]
• Hy laat my les opsê. [Ek kry dit moeilik.]
• Hy laat sy arms slap hang. [Hy word moedeloos.]
• Hy laat sy oë wei oor haar. [Sy oë strelend laat gaan oor haar.]
• Iemand die horrelpyp laat dans. [Iemand 'n pak slae gee.]
• Iemand in sy eie sop laat gaarkook. [Iemand sy eie gang in 'n verkeerde rigting laat gaan.]
• Iemand laat riemspring. [Iemand pak slae gee.]
• Iemand na die hoenders laat gaan. [Nie omgee wat van iemand word nie.]
• Iemand op die deurmat laat staan. [Iemand nie innooi nie.]
• Iemand se bloed in sy are laat stol. [Iemand baie groot laat skrik.]
• Iets links laat lê. [Iets veronagsaam, verwaarloos.]
• Jy laat jou omkonkel. [Jou laat oorhaal.]
Laat braai hom in sy eie vet. [Hom aan sy lot oorlaat.]
Laat die skuld maar aankalk. [Skryf dit op my rekening.]
• Laat die son nie ondergaan oor jou boosheid nie. [As jy met iemand rusie maak, moet jy voor sononder weer vrede maak.]
Laat jou ja ja wees en jou nee nee. [Wees beslis.]
Laat jou met die akkers in, word jy van varke gevreet. [Dit sal jou kwaad doen as jy jou met ongewenste persone ophou.]
• Leef en laat leef. [Gun ander ook iets.]
• Liewer laat as nooit. [Liewer laat as glad nie.]
• Moenie gras onder jou voete laat groei nie. [Tree dadelik op.]
• Nie weer sy stof laat sien nie. [Nie weer sy verskyning maak nie.]
• ’n Saak blou-blou laat. ['n saak (wat eintlik moet aangeroer word) nie bespreek nie (of dit nie afhandel nie).]
• Vir geld kan 'n mens die duiwel laat dans. [Met geld kan 'n mens enigiets doen.]

Vertaling:
Engels: to let, allow; leave
Nederlands: laten

Nota:
• Laat (as ww.) word altyd saam met 'n ander werkwoord gebruik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weer
Volgende onderwerp: grootste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:06:26 MGT 2024