Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weer
weer [boodskap #125422] Ma, 22 April 2019 08:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weer
Afbreking: weer




Selfstandige naamwoord: weer
Meervoud: —

Betekenis:
• Hoe dit buite lyk. Temperatuur en ander atmosferiese toestande soos son, reën en wind.
• Wolke en weerlig; onweer.

Gebruik:
• Dis die perfekte weer vir pannekoek.
• Die weer het die motorhek uitgeslaan.

Spreekwoord:
• Hy laat sy kinders vir wind en weer grootword. [Jou nie bekommer oor jou kinders se opvoeding nie.]

Afgelei:
• weerberig
• weerbestand
• weerdiens
• weerhaan
• weerman
• weerprofeet
• weerstasie
• weervoorspeller
• weervoorspelling

Vertaling:
Engels: weather
Nederlands: weer


Bywoord: weer

Betekenis:
• Nog 'n keer; opnuut; op sy/haar/hulle beurt.

Gebruik:
• Ek moes die wasgoed weer was.

Spreekwoord:
Weer op die been kom. [Om te herstel.]
• Die Kaap is weer Hollands. [Alles is weer reg.]
• Hy kom weer op dreef. [Hy vorder; kom weer aan die gang.]
• Hy maak al weer amok. [Deur raserny moordlustig raak.]
• Hy sal seker weer stokkies draai. [Sonder verlof uit die skool bly.]
• Hy trek al weer toutjies. [In die geheim 'n saak bevorder.]
• Hy voel vandag weer ambraal. [Siekerig en olik.]
• Nie weer sy stof laat sien nie. [Nie weer sy verskyning maak nie.]
• Uit die assies van jou vuurherd, sal jy nooit weer kole haal. [Wat verby is, is verby.]
• 'n Mens moet nooit sê: Fonteintjie, ek sal nooit weer van jou drink nie. [Moenie so seker wees dat jy iets of iemand se hulp nooit weer sal benodig nie.]

Vertaling:
Engels: again, anew
Nederlands: weer


Werkwoord: weer
Verlede tyd: het geweer

Betekenis:
• Verdedig; verhinder/verhoed dat iets gebeur; belet; teëhou; afwend; keer.

Gebruik:
• Ons moet ons teen fopnuus weer.

Vertaling:
Engels: to repulse, defend
Nederlands: weren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tyd
Volgende onderwerp: laat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 07:36:23 MGT 2024