Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Argentinië
Argentinië [boodskap #125361] Sa, 20 April 2019 08:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Argentinië.
Kaart van Argentinië.
Argentinië is 'n Spaanstalige land en republiek in Suid-Amerika. Die land strek van Bolivia (noord) tot by Kaap Hoorn (suid); dit loop van die suidelike Atlantiese Oseaan op na die Andes-gebergte in die weste. Dit bestaan merendeels uit groot vlaktes, met woude in die noorde wat die Gran Chaco vorm, en die boomlose grasvlaktes (Pampas) verder suid (La Plata). Die suidelikste gedeelte is Patagonië. Die vernaamste riviere is: La Plata, Paraná, Rio Negro. Die Argentynse Republiek is bekend as ’n landbouland, en veral geskik vir veeteelt; koper, mangaan en wolfram word ontgin, ook olie; onder die uitvoerprodukte is koring, mielies, suiker, wol, huide, bevrore bees- en skaapvleis.

Argentinië is sedert 1535 deur Spanje gekoloniseer en het in 1816 onafhanklikheid verkry; sedert 1853 het dit ’n gevestigde regering gehad as ’n republiek met ’n president (wat sy eie kabinet benoem) en ’n Volkskongres met ’n Senaat en ’n Kamer van Afgevaardigdes. Die hoofstad is Buenos Aires; ander stede is Rosario, Tucuman, Santa Fé, Cordoba, La Plata.

Grensgeskille met Chili is in 1902 besleg en het die oprigting ’n bronsstandbeeld in die Andes tot gevolg gehad, 26 vt. hoog, van Christus die Saligmaker (van ou kanonne gemaak) ter teken van vrede.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Argentiet
Volgende onderwerp: Argief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:18:12 MGT 2024