Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Argief
Argief [boodskap #125362] Sa, 20 April 2019 08:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Argief (meervoud: argiewe) is 'n versameling van dokumente van verskillende liggame, ook die plekke waar sulke dokumente bewaar word.

Staatsargiewe van Suid-Afrika behels alle dokumente wat staatsdepartemente in die loop van hulle werksaamhede versamel het, wat normaalweg nie meer deur die departemente gebruik word nie, en wat in argiefdepots bewaar en georden word onder toesig van ’n hoofargivaris. Daar is (was?) 4 argiefdepots in Suid-Afrika, een in elke (voormalige) provinsiale hoofstad, terwyl die S.A. argief ook in Pretoria gehuisves word. Bewaring, vernietiging en publikasie van dokumente geskied onder toesig van ’n argiefkommissie. Lede word benoem vir 3 jaar en die hoofargivaris is ex-officio lid.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Argentinië
Volgende onderwerp: Argipel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:01:03 MGT 2024