Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arbeidsgenot
Arbeidsgenot [boodskap #125327] Do, 18 April 2019 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arbeidsgenot was die woonhuis van di Afrikaanse skrywer C.J. Langenhoven op Oudtshoorn te Jan van Riebeeck-straat nommer 217. Dit is in ’n museum omgeskep. Die huis en tuin lyk vandag nog soos wat mev. Langenhoven dit destyds nagelaat het.

Langenhoven en sy vrou het in 1903 in die huis ingetrek en tot hul dood hier gewoon. Ná Langenhoven se dood in 1932 het sy vrou tot in 1950 hier aangebly. Kragtens haar testament het Arbeidsgenot daarna volksbesit geword. Die huis is op 21 April 1955 amptelik vir die publiek oopgestel. Die plegtigheid is deur die destydse goewerneur-generaal, doktor E.G. Jansen waargeneem.

Skakel: http://www.cjlangenhoven.co.za/cj_langenhoven/arbeidsgenot

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arbeidsburo’s
Volgende onderwerp: Arbeidswetgewing in Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:35:22 MGT 2024