Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arbeidsburo’s
Arbeidsburo’s [boodskap #125326] Do, 18 April 2019 06:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Arbeidsburo is 'n organisasie wat arbeiders/werkers aan werknemers beskikbaar stel vir indiensneming. Werklose mense kan by so 'n buro aanklop vir plasing of om 'n lys van vakante vakatures te bekom.

In die verlede (onder apartheid) kon Blankes, Kleurlinge en Asiate wat werkloos raak hulself registreer by een van die werkverskaffingsburo’s wat in die groter stede van Suid-Afrika gestig is. Hierdie buro’s probeer dan om die werkloses in geskikte betrekkings te plaas, op grond van inligtinge omtrent vakatures wat deur werkgewers aan hulle verstrek is.

Vir die Bantoes het daar ’n hele netwerk van naturellearbeidsburo’s bestaan onder beheer van die Departement van Bantoesake. Werksoekers kon hulle by dié buro’s aanmeld. So is die vraag en aanbod t.o.v. die Bantoe met mekaar in verband gebring en kon arbeiders aan die ondernemings wat dit die nodigste het, verskaf word. Aan die Bantoe wat ver van die stedelike werkplekke gewoon het, is inligting oor werkgeleenthede verskaf voordat hy van sy huis vertrek het. Die aantal Bantoes wat deur die buro’s werk gekry het, het heel gou ná die inwerkingtreding van die stelsel naby ’n miljoen gekom.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arbeidersparty
Volgende onderwerp: Arbeidsgenot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:57:35 MGT 2024