Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arbeidersparty
Arbeidersparty [boodskap #125325] Do, 18 April 2019 06:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Arbeidersparty was 'n politieke party wat van 1907 tot 1958 in Suid-Afrika bestaan het. Die party is gestig in 1907 (1910 volgens sommige bronne) deur William Andrews, passer uit Leicester, Henry Sampson, drukker uit Londen, en Peter Whiteside, vakbondleier uit Australië. Hulle doelwit was die beskerming van belange van blanke geskoolde werkers op Transvaalse myne. Die party word onder leiding van kol. F.H.P. Creswell politieke krag in land.

Na 'n verkiesingsooreenkoms ("Pakt") met die N.P. word 2 Arbeider-L.V.’s in 1924 ministers in die Hertzog-kabinet. Hulle help belangrike arbeids- en loonwetgewing op wetboek plaas. Vermindering van invloed en agteruitgang volg op 'n skeuring in die Party in 1928. Met die uitbreek van die oorlog in 1939 tree Madeley, nuwe leier, toe tot koalisie met Smuts tot 1945 en sluit met die verkiesing in 1948 ’n ooreenkoms met die Verenigde Party teen die Nasionale Party. Die party vertoon na die dood van Madeley 'n liberale karakter onder sy nuwe leier, Arthur Hepple. Teen 1958 is hulle nie meer in die Volksraad verteenwoordig nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arbeid
Volgende onderwerp: Arbeidsburo’s
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:03:05 MGT 2024