Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arbeid
Arbeid [boodskap #125322] Wo, 17 April 2019 19:06 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
In die ekonomie is arbeid die menslike inspanning wat as een van die vier produksiefaktore beskou word. Die inspanning wat die ondernemer hom getroos, word egter as ’n afsonderlike produksiefaktor beskou. Om in ekonomiese sin produktiewe werk te lewer, moet die persoon wat hom inspan ’n vergoeding daarvoor ontvang. Die werksaamhede van die huisvrou wat geen vergoeding daarvoor kry nie, verteenwoordig dus nie produktiewe werkverrigting nie, hoewel dié van 'n bediende wat haar plek inneem wel as sodanig geklassifiseer word.

Die grootte van die arbeidskrag van ’n volk hang af van die grootte en toeneming van die bevolking en sy leeftyd- en geslagsamestelling. Hoewel mans nog die oorheersende deel van die arbeidskragte uitmaak, het die toenemende gebruikmaking van vroue-arbeid ’n kenmerk van industriële ontwikkeling geword. In Suid-Afrika het die persentasie van vroue in die leeftydsgroep 15-65 jaar wat lonende werk verrig gedurende die vyftiger jare tot 25% aangegroei en is vandat veel hoër. Tegnologiese ontwikkeling in die fabriekswese en die aanvullende dienste wat industriële ontwikkeling vereis, het aan vroulike werkers baie geleenthede en aantreklike lone gebied.

In ’n stadig groeiende bevolking met ’n lae geboorte- en sterftesyfer maak die relatiewe getal potensiële werkers - by benadering dié tussen 15 en 65 - ’n heelwat groter gedeelte van die totale bevolking uit as in die geval van ’n snel groeiende bevolking met ’n hoë geboortesyfer - waarin die persentasie kinders dus groot sal wees.

Die lewenspeil van ’n bevolking hang af van die produktiwiteit van sy arbeiders. Laasgenoemde hang af van die tradisies, lewenswyse en gehalte van die burgers, hul opvoeding en opleiding, die hoeveelheid en doeltreffendheid van produksie-uitrusting tot hul beskikking en die organisasie van die arbeid in die bedryf.

Daar is ’n spesiale kategorie van werk, die sg. beskutte arbeid, wat aan liggaamlik en geestelik belemmerde persone verskaf word ten einde hulle ’n gevoel van selfagting en onafhanklikheid te gee deurdat hulle lone kan verdien i.p.v. aalmoese te ontvang. ’n Streng ekonomiese maatstaf word nie in hulle geval toegepas nie. Die staat subsidieer die ondernemings waarin die beskutte arbeiders werksaam is.

In samehang met, en as voorwaarde vir, industriële ontwikkeling vind daar ’n verskuiwing van die arbeidskrag uit die landbou na die fabrieksnywerheid plaas.
Re: Arbeid [boodskap #125323 is 'n antwoord op boodskap #125322] Wo, 17 April 2019 19:18 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
As perde 'n konstante krag F op 'n ploeg oor 'n afstand s uitoefen, is die arbeid wat verrig word gelyk aan F·s.
As perde 'n konstante krag F op 'n ploeg oor 'n afstand s uitoefen, is die arbeid wat verrig word gelyk aan F·s.

In fisika is arbeid 'n maatstaf van werk wat gedoen word, of die inspanning wat deur 'n kragbron gelewer word om 'n voorwerp te verplaas. As die kragbron 'n konstante krag F lewer om 'n voorwerp oor 'n afstand s te verplaas in die rigting van die krag, dan is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand:

W = F·s
Die simbool W kom van die Engelse woord vir arbeid: "work". Die eenheid van arbeid is die newton-meter (Nm), maar die joule (J), die eenheid van energie, mag ook gebruik word. Arbeid is immers 'n vorm van energie.
Vorige onderwerp: Araroet
Volgende onderwerp: Arbeidersparty
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:17:35 MGT 2024