Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arapaima
Arapaima [boodskap #125319] Wo, 17 April 2019 16:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arapaima leptosoma
Arapaima leptosoma
Die Arapaima is die grootste bekende varswatervis wat tot 4,5 meter (15 vt.) lank en oor die 180 kg (400 lb.) swaar word. Dit kom in die riviere van Brasilië en Guiana voor.

Die vis se gestroomlynde liggaam is grys tot donker geelgroen met 'n sterk, afgeronde stertvin. Die lang rug- en anale vin is naby die stert geleë. Omdat die kieue nie voldoende suurstof uit die water kan trek nie, moet die vis gereeld na die oppervlak kom om lug te skep.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Notre-Dame-katedraal
Volgende onderwerp: Ararat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:19:31 MGT 2024