Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Notre-Dame-katedraal (Notre-Dame de Paris)
Notre-Dame-katedraal [boodskap #125318] Wo, 17 April 2019 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Notre-Dame-kasteel in Parys.
Die Notre-Dame-kasteel in Parys.
Die Notre-Dame de Paris (Afrikaans: Onse-Liewe-Vrouekatedraal van Parys) is 'n Middeleeuse Rooms-Katolieke katedraal op die Île de la Cité ('n eiland in die Seine-rivier) in die middel van Parys (Frankryk). Drie relieke van Jesus Christus word in die katedraal bewaar: sy doringkroon, 'n stuk van die kruis en een van die naels waarmee Jesus gekruisig sou wees. Die katedraal is aan die Maagd Maria gewy en word as een van die beste voorbeelde van die Franse Gotiese argitektuur beskou. Dit is een van die mees erkende simbole van die Franse nasie en die stad Parys. Dit is ook die monument in Parys wat die meeste deur toeriste besoek word.

Die katedraal is in 1160 onder biskop Maurice de Sully begin en was in 1260 grootliks voltooi, hoewel dit oor die volgende eeue gereeld gewysig is. In die 1790's is die Notre-Dame tydens die Franse Revolusie ontheilig; Talle van sy godsdienstige beelde is beskadig of vernietig. In 1804 was dié katedraal die plek van die kroning van Napoleon I as Keiser van Frankryk en in 1821 is Henri (graaf van Chambord) hier gedoop. Die begrafnis van verskeie presidente van die Derde Franse Republiek het ook hier plaasgevind.

Die publikasie van Victor Hugo se roman Notre-Dame de Paris (Die Boggelrug van Notre-Dame; Engels: The Hunchback of Notre-Dame) in 1831 het groot belangstelling in die katedraal gaande gemaak. Dit het gelei tot 'n herstelprojek tussen 1844 en 1864 onder toesig van Eugène Viollet-le-Duc, wat die katedraal se ikoniese toring bygevoeg het. Die bevryding van Parys is in 1944 in Notre-Dame met die sang van die Magnificat (lofsang van Maria) gevier.

Op 15 April 2019 breek 'n hewige brand tydens restourasiewerksaamhede uit. Die dak van die skip en sentrale toring stort in, maar die res van die gebou, asook 'n aantal belangrike kunsskatte, kon gered word.

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Langeberg
Volgende onderwerp: Arapaima
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:03:58 MGT 2024