Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Langeberg (Langeberge)
Langeberg [boodskap #125316] Di, 16 April 2019 14:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Breederivier met Langeberg in die agtergrond.
Die Breederivier met Langeberg in die agtergrond.
Langeberg is 'n bergreeks in die suide van die Wes-Kaap. Die reeks is ongeveer 250 km lank en strek van Worcester, verby Robertson, Montagu, Swellendam, Heidelberg en Riversdal tot naby George. Die hoogste punt van die berg is Keeromsberg (2075 meter), 15 km noordoos van Worcester. Die oop vlaktes van die Klein-Karoo begrens die noorde van die bergreeks, terwyl Agulhasvlakte en die Overberg-koringbelt in die suide lê. Teen die suidelike hange kom bergfynbos voor.

Van die reeks se hoogste pieke lê net noord van Swellendam, in 'n subreeks wat as Clock Peaks bekend staan, met sy hoogste punt op 1710 meter by Misty Point. Volgens plaaslike inwoners kan mens die tyd bepaal deur na die skaduwee van die sewe pieke te kyk. By Riversdal staan die berg as die "slapende skoonheid" bekend (vergelyk Stilbaai, die baai van slapende skoonheid).

Daar is verskeie bergpasse oor die Langeberge, onder andere: die Garciapas tussen Riversdal en die Klein-Karoo, die Kogmanskloofpas tussen Ashton en Montagu en die Tradouwpas tussen Swellendam en die Klein-Karoo.
Vorige onderwerp: Jin
Volgende onderwerp: Notre-Dame-katedraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:42:59 MGT 2024